Kandys Beefmasters

Die naam Kandys Beefmasters word afgelei van my oudste dogter se bynaam “Kandys”.

Kandys Beefmasters het ontstaan in September 2012 toe daar ‘n groot behoefte was om bulle te koop vir ons kommersiële kudde, maar weens die hoë kostes van bulle is daar besluit om 20 dragtige stoet verse aan te koop. Dit was die begin van Kandys Beefmasters.

Alhoewel ons stoet nog relatief jonk is word daar al reeds meer as 30 jaar met beeste geboer, ons kommersiële kudde bestaan uit Simbra koeie wat met Beefmaster bulle gekruis word. Verse wat uit die kruising gebore word, word dan na ‘n baie noukeurige keurings proses in die stoet kudde opgeneem. Top stoetbulle sowel as vroulike diere word by bekende teelers aangekoop om sodoende die baster krag binne in ons stoet kudde te behou.

Die jong bul kalwers gaan ook deur ‘n lang keurings proses, hulle word die eerste keer gekeur op speen, waar alle kalwers wat nie minstens 50% van hul ma se liggaams gewig speen nie uit die stoet verwyder word. Die volgende keer word hulle op 12 maande en daarna 18 maande geweeg en dan word die indeks syfers gebruik om bulle te selekteer, gedurende die proses word bulle met fisiologiese afwykings ook uit die kudde verwyder. Op 15 maande word die bulletjies ook op ‘n fase D toets gesit wat ons self behartig op die plaas en gemonitor word deur SA Stamboek.

Ons glo, dit is die resep wat ons in staat stel om kwaliteit bulle sowel as vroulike diere te teel.

Kontak besonderhede

Kontak Kandys Beefmasters

Johan Prinsloo

083 285 2432

Posbus 34, Theunissen, 9410